|
Suitcase Vol Winter
Lyrics
"... Elke mens het 'n obsessie ..."
- Donkermaan
- Sien Jou Weer
- Marilyn Monroe
- Suitcase Vol Winter
- Van Tonder
- Die Kind
- Goeienag Generaal
- Klein Bietjie Reën
- In Die Transvaal
- Staan Saam Burgers
- Gipsy In Jou Oë
- Kom Huistoe
Donkermaan
Nou kyk daar is geen verskoning
Vir alles wat ons doen
Doen ons maar net
Om iets van die hemel te proe
Sondaarsirkel en brandewynstraat
Dis baie waar, veral vanaand
Chorus
Maar vir jou sal ek nooit vergeet
Al woon jy nou
In 'n huis vol spoke en geeste
In 'n wit paleis
Mense met spierwit klere
Vir jou medisyne bring
Vergeet van gister, te naby
Aan die donkermaan
Nou kyk daar is geen verweer
Geen vals eis, alles wat ons begeer
Was maar altyd net 'n kamer met son
In 'n groot grys gebou
Chorus
Cathy kom nooit weer huistoe
Miskien net vir Krismis of Nuwejaar
Moenie so baie praat nie
Slaan daai kitaar
Chorus
Sien Jou Weer
Mmmm sê net weer
Al die liefde so getrou gesweer
Kamma kamma
Behandel my soos 'n weggooikind
Maar ek is nie jou vaaljapie
Ek loop baie saam met
Die nag en die wind
En spoke het ek baie gesien
Maar ek wag nog
Chorus:
Kyk nou die langpad
Roep my nou maar weer
Daar is genade en liefde
En nog baie meer
Kyk nog 'n somer alweer weggegaan
En alwat jy doen, ek sê maar niks
Laat dit met jou goedgaan
Sien jou weer
Chorus
Daar is 'n kamer met vier mure
En geen son
Wie is die duiwel
Wie sal die liefde kom red
Lewe dan maar soos jy wil
Want jy sal altyd laaste lag
Ek hoor sirenes iewers in die nag
En ek wonder wat dit was
Chorus
Marilyn Monroe
Sy was altyd jou eie Marilyn Monroe
En dit was mamba om net huis toe te gaan
Waar sit jy nou, hier in 'n winter hotel
En verlang na die lag in haar stem
Ai jaai jaai jaai
Gister was ek nog jakkals se kind
Nou voel ek so oud
Asof alles verby is tussen my en jou
En dis koud hier op hierdie plek
En ek wil nie hier wees nie
En miskien sal ek jou nooit weer sien
Ai jaai jaai jaai
Herhaal eerste vers
Suitcase Vol Winter
Hierdie trein loop na nerens Maar
dit pas my baie goed, hoe verder hoe beter Dit is my wens
Klein bietjie liefde Klein bietjie
geluk Heelwat van dit en dat, maar meestal 'n Suitcase vol
winter
Ek loop iewers deur die storm En
deur die bliksem weer Want 'n vrou sal jou doodmaak As sy kwaad is, in 'n
donker kamer Met 'n haelgeweer
Ja die trein loop na nerens Maar
dit pas my goed hoe verder hoe beter
Klein bietjie liefde Klein bietjie
geluk Heelwat van dit en dat, maar meestal 'n Suitcase vol
winter
Van Tonder
Die spook het jou nou gevat
Maar hier waar jy staan
Is net die lede van jou bende
So loop jou gedagtes
En jy hoor in Kimberley hys hulle die vlag van Brittanje
Iewers sterf nog 'n kind in 'n konsentrasie kamp
Maar dis nou alles iets van die verlede
Prinses van wat?
Bobbejaanwyfie dra sulke mooi klere
Chorus:
Toe ek weer so kyk
Miskien net vir 'n oomblik
Vang ek 'n spook
Ek dink ek is 'n siener
Sê vir Jannie Hattingh
Ek sal dit altyd onthou
Sê vir Van Tonder
Ek stel dit hoog op prys
Weet nie of ek jou ooit weer gaan sien
Hulle sê al die rebelle word dood geskiet
Almal wat hulle kry
Noord van die Oranje Rivier
Net vir die koning
Net vir sy plesier
Chorus
Die Kind
Willie maak nog net daai
oproep Want jou moeder wil weet Waar slaap jy vanaand Dit was alles
eintlik so onnodig Maar wat kan 'n mens nou eintlik se
Ja die kind gaan nou alleeen In
die wye wereld in Kinders op elke straat Kinders van die reen
Daar is niks meer om te se nie Dit
maak nie veel meer saak nie Winter of Somer Die kind is altyd
alleen
Op skool was sy almal se
liefling Ons liewe Elmien So belowend maar altyd 'n bietjie anders Sy
werk nou die nagskof Vir die wyse manne van die Ooste En hulle ryk bedorwe
seuntjies
Elke kind het sy eie seer
hart Glimlag, liefde pyn en nog wat En solank die oë nog lag is die kind
seker okay..
Goeienag Generaal
Ja, dit was die oorlog vir die nuwe dag
Vir die kerkraad, swanger meisie wat wag
In die reën, al die kinders wat die dominee seën,
Al die jong laaities nou net uit die skool,
Welkom, welkom Dit was vir die ryk man op Waterkloofstraat
Blink gebou, almal werk, maar niemand mag praat
Was vir die weduwees en die armes van gees En almal in
uniform, en die kapelaan lees
Maar Whitey, jou oë op daar dag Was blou net soos die lug
Toe ons weer so kyk Het 'n AK jou fucked-up geskiet
Goeienag Generaal
Hulle was die oorlog vir die nuwe dag Vir Harry Oppenheimer en al sy maats
Vir Rembrandt van Rijn en Alfred Dunhill
En die OK Bazaars En die hele bloody spul by die SAUK
Julle was die oorlog vir die CIA
Generaal ry rond in sy blink swart kar
Speel skaak met die kinders van ons land
En agter hom is die wêreld nou erg aan die brand
Maar Whitey, jou oë op daar dag Was blou net soos die lug
Toe ons weer so kyk
Het 'n AK jou fucked-up geskiet
Goeienag Generaal
Guitar solo
Maar Whitey, jou oë op daar dag
Was blou net soos die lug
Toe ons weer so kyk
Het 'n AK jou fucked-up geskiet
Goeienag Generaal, slaap lekker
Staan Saam Burgers
By die goue vallei het ons lank gewag
Op 'n antwoord wat kom uit die noorde
Die boodskapper kom in die nag
Het gekom en gegaan
Staan saam burgers, staan saam
Siener Van Rensburg kyk na sy hande
En sê ek kan dit nie verstaan
Iewers op die vlakte
Begin'n jakkals tjank
Die boodskapper kom in die nag
Het gekom en gegaan
Staan saam burgers, staan saam
Hoekom het jy ons nie gesê nie
Die man se perd was swart
Net soos die nag
Dit was nie Van Tonder nie
Net so tussen my en jou
Vir wat dit werd is
Ek dink die duiwel het ons 'n streep getrek
Staan saam burgers, staan saam
Staan saam burgers, staan saam
Die Gipsy In Jou Oë
Ek hou nogal van jou En jou
liggaam is okay Die plek waar jy nou woon Is nogal nice vir my Dis fine
as jy hier rond is Ek like jou, dit kan jy maar glo, Maar ek's eintlik
verlief Op die gipsy in jou oë
Daar's altyd koffie op jou rak En
lekker goed in jou kombuis Jy maak my stadig mak Maar ek raak net meer
uitgespace hoe meer jy stilsit, hoe meer wil ek weghol Saam, tot waar ons
so windvry kan wees Voëls wat ver vlieg Soos die gipsy in jou
oë
Ek's crazy, crazy, crazy Al my
vriende se ook so Maar dis nie my skuld nie, wat wo Dis die gipsy in jou
oë
Elke mens het 'n obsessie En myne
is nie jy nie Maar troos joun daaraan, donker kind Ek hoef nie verder te
ry nie Want iewers tussen ons Maak 'n fantasy my skoon bewoë Dis daai
vreemde mens diep in jou Dis daai gipsy in jou oë
Ek's crazy, crazy, crazy Al my
vriende se ook so Maar dis nie my skuld nie, wat wo Dis die gipsy in jou
oë
Jy dink dat ek jou liefhet Want ek
volg jou waar jy gaan Maar ek wag vir daardie oomblik Total eclipse van
son en maan Magic van onder of van bo Ja, ek hou die heel aand dop Vir
die gypsy in jou oë
Ek vra my dikwels af Waar die
wonderwerk vandaan kom Is dit wingerd in die Boland Of 'n mite in
beton? hoe kan jy so ver wees en So naby tegelyk Ja so 'n raaisel van :
Tweeling? Wie is die gypsy in jou oë?
Kom Huistoe
Dit was 'n tyd vir liefde Was 'n
tyd vir reen 'n tyd vir vrede maar ons liefste Magdalena maak seker,
maak seker Jy sal altyd net so bly Net so alleen
Kom asseblief tog net huistoe Gee
nie om waar jy was nie Wil jou net vashou Kom asseblief tog net
huistoe Jy's te warm vir 'n gewone man Kom asseblief tog net
huistoe
Nou loop soek ek jou op elke
straat Laat in die nag maar niemand wil met my praat En hulle lag vir
my Want hulle weet Sonder jou is ek so alleen
Kom asseblief tog net huistoe Gee
nie om waar jy was nie Wil jou net vashou Kom asseblief tog net
huistoe Jy's te warm vir 'n gewone man Kom asseblief tog net
huistoe
Back to Suitcase Vol Winter
|